Welkom

Die Noord Kaap Bonsmara Groep Agtergrond

Die Noordkaap Bonsmara Groep (NKBG) is onder leiding van Ben Liebenberg gestig in 2006. Die groep word beperk tot 6 lede wat as onafhanklike telers ‘n groter geheel nastreef.
Ons streef daarna om puik kwaliteit Bonsmaras UIT DIE NOORDKAAP, VIR DIE NOORDKAAP aan die mark te lewer.

Die individuele kundigheid en kennis van die lede moet ingespan en kombineer word om die Noordkaap Bonsmara Groep ‘n vername en saakmakende entiteit binne die Bonsmara omgewing te maak. Die identiteit en kapasiteit van die NKBG moet in die mark bekend wees vir sy kwaliteit, eerbaarheid en integriteit.

14de Pruduksieveiling

 

 

Kliek hier om ons nuutste katalogus af te laai
Kliek hier om ons nuutste broshure af te laai

NKBG onderskryf die Bonsmara Stelsel in sy geheel en streef daarna om die bestaande standaarde te oortref. Ons diere word in die harde en gesonde Noordkaap omgewing geteel en groot gemaak sonder om hulle op te piep. In ons lede se kuddes is van die bes moontlike Bonsmara Gene in die land opgeneem en daarom kan ons met trots praat van BESTE WAARDE GENETIKA.

Kliek hier om ons nuutste katalogus af te laai
Kliek hier om ons nuutste broshure af te laai

 

Veilingsnuus

NKBG se volgende veilingsdatum vir 2018 is 14 September.

Duurste bul op Mei 2018 veiling

LOT 17 WSV 15-157 – R50 000 WAARMAKER BONSMARAS

Vroulik Kommersieel

KOEIE 3 IN 1 – R25 000 ZELPY

VERSE OOP KOMMERSIEEL – R13 100 LEEHAN BONSMARAS

VERSE DRAG KOMMERSIEEL – R18 500 LEEHAN BONSMARAS

KOEIE DRAG KOMMERSIEEL – R20 500 VAN JAARSVELD BONSMARAS / LEEHAN BONSMARAS

KOEI EN KALF KOMMERSIEEL – R23 500 ZELPY

ONS LEDE

Samestelling van die Noord Kaap Bonsmara Groep

Ons lede kom uit ‘n diverse omgewing en habitat wat verseker dat daar ‘n groot verskeidenheid aangepaste diere beskikbaar is.
Verder word verskeie teel lyne, sommige van die oudste en beproefde telers, tussen ons lede verteenwoordig en is daar dus hoogstaande diere beskikbaar vir elke smaak.