Welkom by OPPIBERG BONSMARAS

Oppiberg Bonsmara Stoet het sy ontstaan in 1990 gehad, op die Ghaapseberg, 23km suid van Reivilo. Ons drakrag is +/- 10 ha/GVE, reënval 400mm per jaar, 120 kampe van 100ha of groter. Dis gemengde Jona- en Kalkklipveld met soet grassoorte en benutbare bossoorte.

Ons bou ons kernkudde op vrugbare, aanpasbare, mediumraam moeders met baie melk en goeie konstitusie, wat elke jaar vir ons ‘n kalf (bul of vers) produseer wat ‘n positiewe bydrae en bevordering tot ons toekomstige kudde en die ras as sulks het. Net die beste word geselekteer.

By die seleksie van bulle konsentreer ons op funksionele doeltreffendheid en struktuele korrektheid. Ons kyk na die ma se prestasie en dan na die bul se pretasie asook sy familie se stamboom. Die streng seleksie van bulle om in jou kudde te gebruik maak die grootste deel uit van jou moontlike toekomstige wins of verlies. Dis bulle se nageslag wat as vroulike diere in jou kudde agterbly en die bulle se seuns wat jou veilingstandaard bepaal.

Ons passie vir die Bonsmara ras en die natuur word vasgevang in die woorde van Helen Keller: “Dit wat ons vreugde gee, gaan nooit verlore nie. Dit wat ons liefhet word deel van ons.”

Bulle aangebied op 14 September 2018 veiling